Na vele oordenking het ek besluit om my wereldbeskouing alombekend te maak. Ek is immers ‘n hiper intelligente, snaakse, wyd-belese, wyd-berese, nederige (en sarkastiese) man.
Vir die wat nie weet nie, ‘n penkop het tydens die Boereoorlog na enige seun jonger as 16 verwys. Hoewel die wet vereis het dat enige man tussen die ouderdom van 16 en 60 dienspligtig was, was daar van die begin af seuns jonger as 16 wat nie geskroom het om saam met hul vaders Engeland die stryd aan te sê nie. Die naam is afkomstig van ‘n bulkalf wat pas horings gekry het. Hoewel hierdie knape nog jonk was, sal hul manhaftigheid kop en skouers bo die klomp poefters van vandag (ek inkluis) uitstaan. Die gekose naam is dus ter erkenning van hierdie knape. Dit weerspieël ook die jeugdighe lens waardeur ek die lewe aanskou.
Mag hierdie blog ‘n waardige alternatiewe uitkyk op die lewe, geskiedenis en hedendaagse gebeure bied.
Penkop
9/03/2019